Back to Top

Was mekaar se voete.

Download Audio:

Datum:
2016-01-17
Scripture:
Johannes 13:1-17
Speaker:
Sermon Notes:
Sal jy jou naam op 'n voetewaslys sit?

Die Johannes evangelie is soos 'n vertelling met verskeie ellemente.
  • Eers is daar die wondertekens en dan die afskeidsboodskappe.
  • Joh. 13 is deel van die afskeidsboodskap van Jesus voor Sy dood.
Wat staan uit? Jesus se liefde vir Sy dissipels.
  • Jesus kom met 'n verrassing voor Hy Sy verlossingsdaad kom doen, Hy was Sy dissipels se voete!
Hoekom was Jesus ander se voete?
  • Hy doen wat 'n slaaf kom doen, ja Hy stel Homself as die minste beskikbaar.
  • Hy wat God is, kom bedien genade.
  • Hierdie voete was wys op die groot genadedaad wat gaan kom.
Wat wou Jesus hiermee bereik?
  • Hy wou Petrus deel maak van wat gaan kom.
  • Ja, so het ons deur Jesus Christus se kruisdood en opstanding deel in die Verlossing en ewige lewe!
  • Jesus roep ons op om Hom gewillig te dien.
  • Hy roep ons op om ons naaste te bedien. "Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhĂȘ."
    • Hoe kan u/jy God dien?
    • Hoe kan u/jy ander mense bedien?