Back to Top

Gee ons vandag ons daaglikse brood.

Download Audio:

Datum:
2016-02-07
Scripture:
Matteus 5:5-14, Spreuke 30:1-9
Speaker:
Sermon Notes:

 

"Brood"

 

  • Dit verwys na alles wat die menslike nodig is om van te lewe.
  • 'n Deel word genoem, maar die geheel bedoel.
  • Om brood te kan eet, moet daar baie dinge eers gebeur.
  • Elke mens vra wat hy/sy nodig het vir sy/haar omstandighede sodat hy/sy in God se koninkryk diensbaar kan wees.
  • Bo alles, Jesus is die brood van die ewige lewe! God sorg deur Jesus geestelik vir ons.
  • God sorg vir ons deur die gawes van persoonlike gawes en eerlike harde werk.

 

"Vandag"

 

  • Hiermee word ons geleer dat ons nie met vrees vooruit moet vra nie.
  • Wat nou nodig is, vir vandag, dit is waaroor dit gaan.
  • Dit sluit nie ambisie en ideale uit nie. Dit sluit nie verantwoordelike beplanning en voorsiening nie.
  • Hier leer ek om dankbaar en tevrede te wees met wat die Here elke dag vir my gee.

 

Spreuke 30

 

  • Die gelowiges vra dat die Here ons nie arm of ryk sal maak nie, maar genoeg gee om van te lewe.
  • Armoede/swaarkry kan jou verlei om in God te twyfel en te steel...
  • Rykdom kan jou verlei om nie van die Here afhanklik te bly nie en jou op jouself staat te maak...

Met die 4de bede van die Onse Vader bely ons ons totale afhanklikheid van God en ons bid tot God om in al ons stoflike behoeftes te voorsien.