Back to Top

Wil jy gesond word? Wil jy gehelp word?

Download Audio:

Datum:
2016-02-14
Scripture:
Johannes 5:1-17
Speaker:
Sermon Notes:

Inleiding:

Jy sukkel met iets in jou lewe. Wat sal jy doen as iemand vir jou vra: Wil jy gehelp word?
In Joh 5:1-17 lees ons van iemand wat sukkel en hoe Jesus hom gesond maak.

Die siek man het hulp nodig.

  • Hy hoop op hulp en genesing want hy is daar by die bad wat genesende werking blyk te gee
  • Maar hy sukkel op sy eie!

 

JESUS VRA DIE SIEK MAN: WIL JY GESOND WORD?

  • Wat vir 'n vraag is dit!
  • Enigiemand sal mos antwoord: maar natuurlik!

 

Die siek man se antwoord:

  • Nie nee of ja nie, maar: 'ek het niemand wat my eerste in die bad sit nie ...'

 

Jesus sê eenvoudig:

  • "Staan op, tel op jou goed en loop!" So gebeur dit, die man staan op en stap weg met sy goed.

Ons lewens vandag:
Waarmee sukkel jy of waarvan moet jy gesond word?


VANDAG SÊ/VRA JESUS AAN JOU: WIL JY GEHELP WORD? WIL JY GESOND WORD?
Wat is jou antwoord aan Jesus?
Wat hoor jy sê Jesus vandag vir jou?