Back to Top

Bid om baie wysheid en genade, sonder om te twyfel ..................

Download Audio:

Datum:
2016-04-03
Scripture:
Jakobus 1:1-8
Speaker:
Sermon Notes:

 

In Jak.1:2 kry ons 'n vreemde opdrag: "Julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom".

 

  • Wat is egter jou reaksie wanneer beproewings oor jou pad kom? Jy en ek begin twyfel, nie waar nie?
  • Watter beproewings het jy tans?

 

Dit gaan oor die gesindheid waarmee die beproewinge wat na jou kant toe kom hanteer, sodat jy die vermoë ontvang om te volhard op jou geloofspad.

 

  • Volharding is vasberadenheid, uithou en aanhou.
  • Die vrug is volle geestelike rypheid.
  • Tog, jy is net mens en jy kom wysheid kort hiervoor.

 

Dit is nie 'n oplossing om in jou gebreke te berus nie. Daarom, bid om wysheid wat net God jou kan gee - vers 5

 

  • Wat is wysheid? Dit is die vermoë om iets te verstaan, om dan die regte besluit te neem en die regte ding te doen.

 

Die gesindheid waarin jy wysheid vra is verskriklik belangrik!

 

  • 'n Positiewe of negatiewe gesindheid word onderskei.
  • Die positiewe gesindheid is: Ek bid met geloof - 'As dit die wil van God is, sal Hy vir my gee wat Hy besluit'.
  • Die negatiewe gesindheid is: ek bid met twyfel in my hart.
    • Twyfel beteken: ek is onseker, ek kan nie evalueer, beoordeel, besluit en doen nie.
    • Ek is dan soos 'n brander wat ronddobber.
  • Waaroor twyfel jy op die oomblik?

 

Wyse onderrig van die Here oor jou twyfel:

 

  • Gaan eerder weer 'n paar stappe terug en vra vir Here dat Hy aan vastigheid gee en dat Hy jou jou geloofsvertroue laat herwin.

DUS: Bid om baie wysheid en genade, sonder om te twyfel oor dit waarvoor jy bid.