Back to Top

Die Heilige Gees is in jou .............

Download Audio:

Datum:
2016-05-15
Scripture:
Galasiërs 6:1-10 en 18
Speaker:
Sermon Notes:

Probleem:

  • Dit is vir iemand wat deur een of ander sonde oorval word, baie moeilik om dit te erken en hulp te vra.
  • Wat nog moeiliker vir die persoon is, is om vrymoedig in die gemeente te bly en weer 'n lewende lidmaat te wees.

 

Hoekom?

  • Die persoon voel al klaar verleë en skuldig.
  • Ek en jy hanteer die situasie nie altyd so goed nie. Dit kan wees dat ons veroordelend opgeneem word.

 

Wat is die oplossing? Gal. 6:1
"As iemand deur een of ander sonde oorval word, moet julle wat die Gees het, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp"

  • Iemand word deur 'n sonde oorval!
  • Jy het die Heilige Gees as geskenk ontvang.
  • Jy moet die persoon "reghelp", nie "weghelp" nie!
  • Jy ontvang by Jesus sagmoedigheid!
  • Help daarom ander in 'n gees van sagmoedigheid reg.

Hoor en doen daarom:
Die Heilige Gees is in jou en daarom moet jy ander in 'n gees van sagmoedigheid reghelp.