Back to Top

Antwoord vrywillig op God wat roep.

Download Audio:

Datum:
2016-09-04
Scripture:
Jesaja 6:1-13
Speaker:
Sermon Notes:
1)   Ons Heilige God regeer.
  • God regeer vanaf Sy troon oor die hele aarde (v. 1).
  • God word toegejuig: Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van Sy magtige teenwoordigheid (v. 3).
2)   God vergewe die verlore mens se sondes en heilig jou.
  • Jesaja roep uit: Ek is verlore want ek is onrein (v. 5)
    • En jy? Besef jy hoe verlore jy is?
  • God vergewe jou oortredinge (v. 6)
    • Hoor dat jy vergewe is en glo dit!
    • Verloor jou verlorenheid
3)   Hoor nou God se stem: Wie sal ek as boodskapper stuur?
  • Jesaja het God se stem gehoor, en jy? (v. 8a)
  • God red jou en lei jou om sy roepstem te hoor.
  • God weet wie Hy wil stuur en lei jou om te antwoord.
4)   Bied jouself aan vir God se diens:
  • Jesaja antwoord: Hier is ek, stuur my! (v. 8b)
  • Wat is jou antwoord?
    • Ek kan en wil nie nou nie. Stuur daardie een.
    • Óf, hier is ek, stuur my, want U het my gered en sal my lei.
5)   God sê presies wat jy moet doen.
  • Dit gaan nie altyd maklik wees nie, maar God roep en Hy stel jou in staat (v. 9-13a)
  • Soos wat boom wat stom afgesaag is en weer van vooraf uitloop en groei, so stuur God jou om sy boodskap van 'n nuwe lewe in Hom, te verkondig (v. 13b).