Back to Top

God weerstaan die stryd van hoogmoediges.

Download Audio:

Datum:
2016-10-23
Scripture:
Jakobus 4:1-10
Speaker:
Sermon Notes:

God weerstaan die stryd van hoogmoediges, maar Hy gee genade aan nederiges deur hulle te verhoog.

1.   Wat is die oorsaak van stryd?

  • Weens die sondige aard van die mens het hy voortdurend te doen met die stryd teen sy eie selfsugtige begeertes. Elkeen wil die beste vir homself opeis.
  • In die proses om iets te verkry, word nie gebid nie en as wel gebid word, verkeerd gebid. Gebed vereis onderwerping en diens aan God. Gevolg? Stryd.
  • Die uiteinde is hoogmoed. Hoogmoed teen jou medemens en bo alles teen God Self.
  • God weerstaan hoogmoediges!

 

2.   God gee genade aan nederiges deur hulle te verhoog.

  • Wat beteken genade? Genade beteken dat jy ? geskenk kry. Jy ontvang iets wat jy nie verdien nie.
  • Wat beteken nederigheid? Dit beteken dat jy jouself nie hoër ag as God en ander mense nie.
  • Kom ons erken, ook ek en u/jy, ons moet ons selfsug en hoogmoed erken en tot God inkeer.
  • Hoe? werk aan die volgende 4 opdragte:
    • Onderwerp jou aan God.
    • Nader tot God.
    • Berou en treur oor jou hoogmoed.
    • Verneder jou voor die Here.

Wanneer ek en jy deur die Heilige Gees gelei word om voor God nederig te wees, verhoog Hy jou saam met Jesus Christus!