Back to Top

Vryspraak alleen deur geloof in Christus!

Download Audio:

Datum:
2016-11-06
Scripture:
Romeine 3:21-31
Speaker:
Sermon Notes:

1.   Vryspraak ...
Vryspraak beteken dat jy vrygespreek word van 'n beskuldiging teen jou. Ons doen dinge wat teen God se wil is en daarmee is ons aan God ongehoorsaam. Ons weet dus dat ons wel skuldig is. Iemand moet nou iets doen sodat ons weer in die regte verhouding met God kan staan. Ons moet vryspraak kry, ander is ons vir ewig verlore.


2.   ... alleen deur geloof...
Ons kan nie vryspraak verkry deur goeie werke, gehoorsaamheid, prestasie of deur die gee van geld nie. Hoe dan? In Rom.1:17 leer ons dat God mense vryspreek enkel en alleen om dat hulle glo. Glo is 'n aktiewe werkwoord. Om te glo beteken dat daar geloof betrokke is. Jy kan nie geloof koop nie, dit word aan jou geskenk. Die gawe van geloof beteken dat jy die geskenk moet gebruik. Geloof bestaan uit kennis, vertroue en dade. Ons ontvang kennis van God uit Sy Woord. Ons vertrou God om Hy Homself aan ons bekend maak. Ons dade moet wys dat ons God ken en vertrou. Die Heilige Gees lei ons in geloof.


3.   ... in Christus!
Vryspraak deur geloof kom egter nie deur enige geloof nie, alleen deur geloof in Jesus Christus. Ons leer met Rom. 3:23-26 dat God elkeen vryspreek wat in Jesus Christus glo. Wat glo ons van Jesus Christus? God het Jesus Christus gestuur om Homself te offer aan die kruis, om te sterf en hel deur te maak. Ek ek jy sterf saam met Jesus. Jesus het uit die dood uit opgestaan en die sonde, die dood en Satan oorwin. Ek en jy oorwin saam met Jesus want Hy versoen ons weer met die Vader. Die Heilige Gees lei ons om te glo in Jesus Christus, dus glo ons van ons sondeskuld vrygespreek is! Leef vandag en môre soos 'n vrygespreekte Christen en deel dit met elkeen wat op jou pad kom.