Back to Top

... aanvaar mekaar, ......, tot eer van God.

Download Audio:

Datum:
2016-11-20
Scripture:
Romeine 15:1-13
Speaker:
Sermon Notes:

 

  1. Gelowiges, aanvaar mekaar.
    Om mekaar te aanvaar, beteken dat jy mekaar verwelkom en ontvang. Hoekom die opdrag om mekaar te aanvaar? In Rome was daar dinge wat veroorsaak het dat die lidmate mekaar nie meer wou aanvaar nie. Daar was verskille oor voedsel en hoe om sekere dae in te rig (Rm.14). Die rede vir die opdrag om mekaar te aanvaar, is dat jy nie net aan jouself moet dink nie, maar ook aan ander. wat jy doen, met ander in die geloof opbou.
    Watter dinge laat jou sukkel om jou medegelowige te aanvaar? Hoe gaan dit in jou persoonlike verhouding met die Here? Hoe gaan dit in jou huwelik, gesin, familie, vriendekring, gemeente, skool en werk? Is daar aanvaarding of verwerping?
  2. Jesus Christus het ons aanvaar
    Hoekom moet ons mekaar aanvaar? Want Jesus aanvaar ons. Hoe? Hy het nie aan Homself gedink nie, maar aan ander, aan ons! Jesus die belofte van die Ou Testament, dat die Messias - Verlosser sou kom, kom vervul. Jesus is die Verlosser! Hy het Homself tot die dood toe verneder! Jesus Christus het deur Sy kruisdood en opstanding vir jou en my aanvaar en ons weer voor God die Vader aanvaarbaar gemaak. Ons verhouding met God die Vader is deur Jesus herstel.
  3. Alles is tot eer van God!
    Wat beteken eer? God se eer wys op Sy glorie, Sy almag, Sy krag, Sy Alleen God wees en Sy heerlikheid. Hoe eer ons God? Ons eer God deur saam eensgesind te wees. Ons eer God deur met eensgesindheid uit een mond lof aan God te bring.
    Vriende, aanvaar jy ander gelowiges of verwerp jy hulle? Ek en jy word deur Jesus Christus aanvaar en gered. Kom ons doen baie meer moeite om ander te aanvaar en met die verlossing wat Jesus gee, te bedien. Bo alles, in en deur ons lewe van mekaar ontvang en lof aan God bring, eer ons God.

Amen.