Back to Top

Deo Volente: DV: Soos die Here wil

Download Audio:

Datum:
2016-11-27
Scripture:
Jakobus 4:13-17
Speaker:
Sermon Notes:

 

Inleiding:
Ons as mense het baie planne, ideale en drome. Daarmee is niks verkeerd nie, die fout kom egter dikwels daarby in dat God nie deel van ons planne is nie.
In Jak. 4:13-17 leer ons van twee benaderings of uitgangspunte:

1.   'n Selfgesentreerde benadering.
In Jak. 3:13-14 lees ons dat die Apostel vir die gemeente sê dat hulle baie selfgesentreerd is in die beplanning van hulle besigheid, beroep en daaglike lewe. Sonder om enigsinds die Here te ken, word beplan wat hulle gaan doen, waarheen hulle gaan en hoe lank hulle sal weg wees.
Geliefdes, hoe doen u, ek en jy beplanning? Hoe het jy 2016 begin? Hoe het jy deur 2016 beplan en gedoen? Kyk jy na resultate en sê vir jouself: sjoe, maar ek het goed gedoen!? Hoe gaan jy klaarmaak in 2016? Is jou benadering vir 2016/17 nie dalk ook selfgesentreerd nie? Net so belangrik, GKR, is ons beplanning en dienswerk nie dalk ook te selfgesentreerd nie?

2.   'n Godswil gesentreerde benadering.
Broeders, Suster, vriende in Jesus Christus, met Jak. 4:15 word ons geleer om die eie ek, die selfgesentreerde denke en beplanning totaal en al weg te gooi. Hoe dan? "Julle moet eerder sê: "As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen."
Ons leer dus uit die Bybel van die ou gesegde: DV, Deo volente. Dit beteken: "soos die Here wil", of "as die Here wil".
Kyk terug na 2016 sover. Dink baie mooi na oor hoe jy die week beplan het. Vernuwe jou gedagtes met hierdie boodskap. Beplan die week, die maand en die nuwe maand met 'n Godswil-gesentreerde benadering.