Back to Top

“Ek wil die Here begeesterd loof ..........”

Download Audio:

Datum:
2017-01-15
Scripture:
Psalm 103
Speaker:
Sermon Notes:

 

  1. Ek wil die Here loof, met "begeestering".
    Wat beteken dit om die Here te "loof"? Om te loof, beteken dat jy iets met blydskap en opgewondenheid uitroep, ja om te juig! In ons mooi Afrikaanse taal kan ons die woord "begeesterd" gebruik. Die Heilige Gees lei ons om met ons hele wese die Here begeesterd te loof.
  2. Hoekom? Rede 1: Want die Here vergewe al my sondes!
    Die belangrikste ding vir elke mens word hier besing: Die Here vergewe my sondes! Sonde is dit wat teen die Here se wil is. Ek en jy het beslis sondes. Ons kan dit nie self tot niet maak nie. God vergewe my sonde! God die Vader stuur Sy seun Jesus Christus om deur Sy kruisdood en opstanding, my van my sondes te vergewe. Hieroor is uitbundig bly en opgewonde!
  3. Hoekom? Rede 2: Want die Here se liefde vir my is onverganklik!
    Vanweë die sondeval, is die mens tot met Jesus se wederkoms, verganklik. My en jou liggaam is verganklik. Teenoor ons verganklikheid, staan God se onverganklike liefde. Sy liefde hou nie op nie. Sy liefde bestaan vir altyd en altyd. Ons leer van Sy liefde uit die Woord, van Christengelowiges en deur die Heilige Gees wat in ons woon. Oor God se onverganklike liefde wil ek Hom begeesterd loof!
  4. Hoe gaan u/jy/ons verder die Here begeesterd loof?
    Wat daarvan dat jy deur jou foto album blaai? Kyk na jou ouers en voorouers se foto's. Kyk na die foto's van toe jy 'n baba was, gedoop is, skool toe gegaan het, belydenis afgelê het, verlief geraak het, verloof geraak het, getrou het, jou kinders wat gebore is... Sien jy hoe God in beheer is? So besef jy dat God jou werklik lief het, onverganklik lief het. Elke dag kan jy in die Naam van Jesus bid en staat maak op God se ALTYD liefde.