Back to Top

Wees gereed - nou of nooit!

Download Audio:

Datum:
2017-01-15
Scripture:
Matteus 25:1-13
Speaker:
Sermon Notes:

 

Met die gelykenis van die 10 maagde word ons aan die skouers geskud oor hoe ons nou as gelowiges gereed moet wees vir die wederkoms van Christus. Die 10 meisies word uiteindelike in 2 groepe verdeel: Die 5 verstandiges en die 5 onverstandiges - dwases

 

  1. Die 5 verstandiges
    Die 5 verstandiges maak reg vir die bruilof, persoonlik, maar dink ook verder. Hulle neem ekstra olie saam vir die bruiloffees wat baie lank kan duur. Hulle maak dus verstandig voorsiening vir die hele tydsduur waarvoor hulle teenwoordig moet wees by die fees.
    Hulle was dus NOU reg!
  2. Die 5 onverstandiges
    Die 5 meisies is net so mooi en persoonlik goed versorg as die 5 ander meisies. Tog is daar een verskil: Hulle vul net die olielamp se drommetjie en vat niks ekstra olie saam nie. Toe die bruidegom kom, was die olie klaar. Daar moes toe eers gekoop word, maar helaas, dit is te laat!
    Hulle het NOOIT by die fees uitgekom nie!
    • Toepassing.
      Waar pas u/jy in?
      Waar kry jy jou verlossing?
      Wanneer is u/jy gereed: NOU of NOOIT?