Back to Top

...... God se geliefde vreugde kind, luister na Hom - vervolg.

Download Audio:

Datum:
2017-02-12
Scripture:
Matteus 17:1-8
Speaker:
Sermon Notes:

Jesus en drie van Sy dissipels is saam na 'n hoë berg waar Jesus verheerlik is deurdat God die Vader in 'n hoorbare stem gesê het: "Dit is my geliefde Seun oor wie ek My verheug. Luister na Hom." Ons onderskei die volgende 4 begrippe:

1.   IDENTITEIT: "Dit is my geliefde SEUN,"
God die Seun word geïdentifiseer en met trots aangewys as "MY SEUN".


2.   SEKURITEIT: "Dit is my GELIEFDE seun,"
In ons menslike terme gee dit sekerheid, emosionele sekuriteit, aan Jesus. Die Vader se liefde laat Jesus veilig voel en spoor Hom aan om Sy opdrag as Verlosser na te kom.


3.   BEVESTIGING: "Dit is my geliefde Seun OOR WIE EK MY VERHEUG."
Die Vader bekragtig Jesus met hierdie bevestiging. Die Vader sê vir Jesus, 'Jy verheug my en ek weet jy kan doen waarvoor ek jou gestuur het'.


4.   GESAG/OUTORITEIT: "LUISTER NA HOM"
God die Vader beveel die dissipels en alle gelowiges om na Jesus te luister. Hy is die Koning en Verlosser. Volg Hom en glo in Hom as Seun van God en enigste Verlosser.