Back to Top

God se Plan word werklikheid.

Download Audio:

Datum:
2017-02-19
Scripture:
Efesiërs 2:1-22
Speaker:
Sermon Notes:

God se Plan word werklikheid: Jood en nie-Jood word weens God se liefde, in Christus versoen en verenig tot een liggaam.

 

  • Ons moet God prys, want Hy het 'n plan, 'n Raadsplan. Sy plan is om alles en almal onder Jesus Christus as Hoof te verenig en die gelowiges deel te maak van die volk van God.
  • God se plan is klaar uitgevoer! Aan Christus het God alles onderwerp en Hy is die Hoof van Sy kerk. Die kerk is Sy liggaam.
  • Die Satan het 'n teenplan. Hy maak die mens se lewenswyse sondig en daarmee ongehoorsaam aan God. Hy veroorsaak dat mense sonder Christus is.
  • God se plan gaan verder, Hy maak mense wat sonder Christus is, deur Christus nuut en weer een.
  • God se plan is dat die kerk, ek en jy, die evangelie moet verkondig sodat mense wat sonder Christus is, ook in Christus kan glo en ook deel word van die kerk, Christus se liggaam.
  • God se plan is dat ons met ons lewenswandel, met ons gedagtes, woorde en dade, mekaar moet aanraak en alle ander mense wat op ons pad kom, moet aanraak.

Mag die Here aan jou en my wysheid gee oor hoe, waar en wanneer ons mense by die skool, werk en gemeenskap moet aanraak.
Mag die Here aan GKR, die Kerk van Jesus Christus, wat deel is van die liggaam van Christus, wysheid gee oor wie ons moet aanraak om ook deel van Christus se liggaam te word.