Back to Top

Wees 'n lewende steen in Christus se Kerk.

Download Audio:

Datum:
2017-03-05
Scripture:
Efesiërs 2:1-22
Speaker:
Sermon Notes:

 

  1. Die opstanding van Jesus Christus maak ons saam met Hom lewend. Ef. 2:6
    Jesus Christus gee aan ons deur Sy kruisdood en opstanding die ewige lewe. Hy maak vir ons vrede met die Vader. Nou het ons vrye toegang tot die Vader. Nou het ons die voorreg en opdrag om kerk te wees. Ons as mense is die kerk van God, die gebou van God.
  2. Jesus Christus is die hoeksteen van Sy kerk. Ef. 2:20
    In die Bybelse tyd was die heel eerste steen wat gebruik is om 'n gebou mee te bou, die hoeksteen. Dit is 'n groot en stewige steen waarvolgens die hele gebou gerig word. So is Jesus Christus ons as kerk se hoeksteen. Op Christus moet ons vas bly staan en Hom as Koning en Rots volg.
  3. Jesus Christus is die sluitsteen van Sy kerk. Ef. 2:21
    In die Bybelse tyd is 'n gebou voltooi met 'n sluitsteen. Die sluitsteen is die laaste en belangrikste steen in die koepel van die gebou se dak. So is Jesus Christus ons, die kerk, se sluitsteen. Hy is die afronder, die voleinder, die stabiliseerder wat alle druk op hom neem. Deur Sy kruisdood en opstanding red Hy ons en beskerm Hy ons.
  4. Wees lewende stene van Jesus Christus se kerk. 1 Petr. 2:4,5.
    Omdat Jesus vir ons die ware lewe gee, maak Hy van ons lewende stene in Sy gebou, die kerk. Elke Christen word geroep om deel te wees Christus se kerk. Saam is ons op Christus as hoeksteen gebou en deur Christus as sluitsteen ingesluit. Saam steun ons op mekaar en help mekaar. Saam het ons die opdrag om ander mense na Christus te lei, sodat hulle ook lewende stene in Christus se kerk kan wees.