Back to Top

God se Plan met ons lewenswandel.

Download Audio:

Datum:
2017-03-12
Scripture:
Efesiërs 4:1-16
Speaker:
Sermon Notes:

 

God se Plan is dat ons met ons lewenswandel die eenheid van die kerk, die liggaam van Christus, sal opbou.

1.   Die opbou van die Efesiërbrief:

 

  • God het 'n Raadsplan: om alle Christengelowiges onder Jesus Christus as Hoof te verenig. Die kerk is die liggaam van Christus.
  • God se plan is dat die kerk die evangelie moet verkondig sodat meer mense in Christus kan glo en so deel word van die liggaam van Christus.

 

2.   God se plan is dat ons lewenswandel ooreenstem met die roeping waarmee ons geroep is.

 

  • Ons elke dag se dade moet die eenheid van die kerk bevorder.
  • Ons moet mekaar verdra in liefde.
  • Deur die werking van die Heilige Gees leef ons in vrede met mekaar.

 

3.   Christus gee aan elke gelowige genadegawes om die kerk, Sy liggaam toe te rus en op te bou.

4.   Die gevolg van die opbou van die liggaam van Christus:

 

  • Ons word al meer soos Christus.
  • Ons sal nie meer rondval en swig vir valsheid nie.
  • Ons sal in liefde by die waarheid bly.
  • Ons pas as gelowiges by mekaar en vervul elkeen sy funksie en roeping.