Back to Top

Het jy ook soms so ʼn MARA – bitter gevoel in jou hart?

Download Audio:

Datum:
2017-03-19
Scripture:
Rut 1 en Rut 4:11-22
Speaker:
Sermon Notes:

Hongersnood in Bethlehem dryf Elimeleg en Naomi na Moab.

  • Elimeleg soek 'n beter lewe vir sy gesin. Elimeleg sterf. Hulle twee seuns sterf. Naomi kry baie swaar, want, sê sy, "die Here het teen my gedraai".
  • Vriende, watter moeilike dinge gebeur met jou en laat jou ook soms voel of die Here teen jou gedraai het?

 

Naomi en Rut keer terug na Bethlehem. Noem my Mara-bitter!

  • Dit gaan beter in Bethlehem en Naomi gaan terug. Rut gaan saam, want sy sê: "U God is my God! In Bethlehem sê Naomi vir die vroue: Noem my Mara - bitter, want die Here het my lewe bitter gemaak!
  • Vriende, erken gerus: wat die Here nou met my laat gebeur, maak my bitter. Die geheim is net dat ons saam aan God moet aanhou vashou.

 

God sorg vir Naomi en Rut: Rut trou met Boas.

  • Boas, 'n familielid van Naomi, tree verantwoordelik op om as losser vir Naomi op te tree. 'n Losser is 'n familielid wat die weduwee en haar familie versorg. Boonop is Boas dadelik lief vir Rut en trou met haar. 'n Seuntjie word gebore, Obed.
  • Vriende, kom ons dink mooi na oor hoe die Here vir ons sorg. Sien die klein dingetjies en die groot dinge raak.

 

Aan die Here kom die lof toe want Hy vat jou bitter weg!

  • Naomi is deur die vroue aangespoor om nie meer bitter te wees nie, maar bly te wees. Deur Boas en Rut en Obed is 'n nageslag gegee. Obed was later Dawid se oupa!
  • Vriende, Uit Dawid is ons Verlosser Jesus Christus gebore! Hy sorg vir meer as 'n nageslag, Hy sorg vir die ewige lewe! Hy verlos my en jou van ons sondes. Hy vat ons bitter weg! Hy versoen ons God die Vader! Hy verbind ons as gelowiges aan mekaar.