Back to Top

Jesus kondig 3 maal Sy dood en opstanding aan

Download Audio:

Datum:
2017-03-19
Scripture:
Matteus 16:21-23, 17:22-23 en 20:17-19
Speaker:
Sermon Notes:

Geliefdes, Jesus kom met 'n drie dubbele aankondig dat Hy beslis die kruisdood sou sterf en dat Hy beslis ook uit die dood uit opgewek sal word.
Drie keer was daar verskillende reaksie by die dissipels: menslike voortvarendheid, toe droefheid en toe 'n eerbiedige stilte en geloof.

So het Jesus wat ware God is, na die aarde as ware mens gekom.

  • Drie keer praat Hy met Sy dissipels, drie keer praat Hy vandag met ons.
  • Oor 3 dae was Jesus se liggaam dood en oor 3 dae het Hy met sy wese die smarte van die hel beleef.
  • Vandag sê Jesus 3 keer vir u/jou en my dat ons sondes ook die oorsaak was dat Hy moes doodgaan aan die kruis en dat Hy die smarte van die hel vir ons deurgemaak het.
  • Vandag sê Jesus ook dat Hy op die 3de dag vir u/jou en my uit die dood uit opgestaan en kyk nou waar is ons nou!

Kom ons dink baie meer soos God wil hê ons moet dink.
Kom ons wees bedroef en huil oor ons sondes.
Kom ons raak stil voor God en dank Hom dat Jesus Christus in ons plek gesterf het en dat Hy in ons plek uit die dood opgewek is.
Nou is Jesus ons Verlosser.
Kom ons lewe nou soos verloste mense.