Back to Top

........... kind van God en bowenal Sy erfgenaam!

Download Audio:

Datum:
2017-06-04
Scripture:
Galasiërs 3:19-4:7
Speaker:
Sermon Notes:
Deur jou geloof in Jesus Christus, is jy nie meer 'n slaaf nie, maar kind van God en bowenal Sy erfgenaam!

1.   Die wet is die oppasser met die oog op Christus, sodat ons deur geloof in Christus vrygespreek kon word.
  • Die wêreld is in die greep van sonde vasgevang.
  • Voor Jesus Christus se koms, was die mens onder toesig van die wet as oppasser.
  • Met Jesus se koms word aan ons geloof in Hom geskenk. Die geskenk is vryspraak van sondes!
2.   Deur die geloof in Jesus Christus is jy nie meer 'n slaaf nie, maar kind van God.
  • Die greep van die sonde is so erg dat jy sy slaaf is. Deur die wet ken jy jou sonde, maar jy kan dit nie reg kry om self met die sonde te breek nie.
  • Die Heilige Gees werk in jou sodat jy in Christus Jesus as jou Verlosser glo. Deur hierdie geloof in Christus Jesus is jy nou 'n kind van God. Die Gees werk in jou sodat jy tot God roep: VADER!
3.   Kragtens God se belofte en wil, is jy as kind van God, ook Sy erfgenaam.
  • Die term "erfgenaam" beteken dat jy die begunstigde van jou ouers se boedel is. Jy erf dus na jou ouers se dood. Jy kies nie self om jou ouers se kind te wees nie. Die erfenis is 'n geskenk.
  • Jy kies nie om God se kind te wees nie. God kies jou om Sy kind te wees en daarom is jy Sy erfgenaam. Jy erf na Christus se dood en opstandinge die ewige lewe!
  • Alles verander nou: jou verhouding met God, jouself, geliefdes, medeburgers, met ...