Back to Top

Die Here sorg - sing en speel vir Hom 'n nuwe lied!

Download Audio:

Datum:
2017-07-02
Scripture:
Psalm 33
Speaker:
Sermon Notes:

 

Het jy ook al meer die behoefte om meer en meer te sing?

Ps.33 begin met die opdrag: "Jubel in die Here!" (v.1)

 

  • Gebruik met 'n plesier in jou hart jou stem om lekker te sing!

 

Loof die Here nie net met stemme nie, maar ook met instrument (vers 2).

 

  • Speel met snaarinstrumente om die lied in jou hart te begelei.

 


Die gelowige moet 'n nuwe lied vir die Here moet sing en dit met oorgawe begelei. (vers 3)

 

  • Nie net bekende en ouer liedere moet gesing word nie, maar ook 'n "nuwe lied"

 

Merkwaardige dinge word van die nuwe lied in die Bybel gesê.

 

  • Die nuwe lied in Opb. 5:9 bevat die evangelie van verlossing in en deur Jesus Christus.
  • Ps.33 se lied getuig van wat God doen, sê en skep.
     

 

Ps.33:18 bely singende: Dit is die Here wat sorg vir die wat Hom eer,vir die wat op sy mag vertrou.

 

  • In die lig van Opb. 5:9, God sorg vir ons deur Sy Seun Jesus Christus.

Ons kan nie anders as om saam met die Psalmdigter te getuig nie: Ons vertrou op die Here!