Back to Top

Ken jou sonde in liefde uit die wet van die Here.

Download Audio:

Datum:
2017-08-13
Scripture:
Romeine 3:9-31 en Matteus 22:34-46
Speaker:
Sermon Notes:

U/jy en ek is inherent en outomaties geneig om verkeerd te dink, sê en doen.

  • Dis die vloek van die sondeval, maar dis geen verskoning nie.
  • Ken u self, meet uself en weeg u self. Ken u tekortkominge en u gawes.

 

Die Here het genadiglik vir ons die weegskaal gegee om ons gewig van sonde te weeg. Hy het die wet gegee.

  • 'n Wet wat vervul is in Christus en wat ons nie nou nakom sodat ons verlossing kry nie, maar omdat ons verlossing kry.
  • Die Woord en gebooie van die Here is met die werking van die Heilige Gees die middel waar deur ek my sonde en ellende raaksien.
  • Die wet is die spieël waarin ek kyk.

 

By raaksien mag dit nie bly nie.

  • Die stryd begin by die hoofsom van die wet van die Here: liefde vir God en liefde vir my naaste.
  • Lewe in liefde en met die vrugte van die Gees.

Ja, ken u ellende in liefde uit die wet van die Here.