Back to Top

Doen moeite om mense na Jesus Christus vir ware verlossing te dra.

Download Audio:

Datum:
2017-09-17
Scripture:
Markus 2:1-12
Speaker:
Sermon Notes:

1.   Jesus Christus gee Sy boodskap in 'n stampvol huis.

  • Jesus doen waarvoor Hy gestuur is: Hy verkondig die Verlossingsboodskap - Hy vergewe sondes.
  • Ons lewe draai ook om Jesus ons Verlosser.

 

2.   Onbekende mense doen moeite met 'n verlamde man.

  • 4 mense laat sak 'n verlamde man deur die dak af na Jesus. Jesus sien hierdie mense se omgee geloof namens die verlamde man
  • Doen jy moeite om ander mense in geloof na Jesus te begelei?

 

3.   Die verlamde man.

  • Die man kan nie loop en self na Jesus gaan nie. Jesus vergewe die man se sondes en genees sy liggaamlike siekte.
  • Jesus vergewe jou sondes. Ander gee om vir jou wanneer jy nie self moed of krag het nie.

 

4.   Skrifgeleerdes is krities en veroordelend.

  • Ai tog, die kenners van die Skrif, mis die genade van verlossing en wil rigied meer en oordeel.
  • Hoe beoefen jy jou geloof en kyk jy na ander? Krities, veroordelend of met nederigheid?

 

5.   Die skare prys God.

  • Van die mense wat saamgedrom het, hoor en sien wat Jesus sê en doen, prys in verbasing vir God!
  • Vriende, sien en beleef wat God vir jou en ander doen. Prys God saam in verwondering!