Back to Top

...... noodsaaklik, maar vergifnis en liefhê is net so belangrik.

Download Audio:

Datum:
2017-10-22
Scripture:
2 Korintiërs 2:5-11
Speaker:
Sermon Notes:

 

  1. Sonde veroorsaak hartseer.
    Die sondige dinge is eerstens teen God en dan teen mense. Hierdie sonde maak seer en veroorsaak hartseer.

  2. Jy moet wel die sonde aanspreek.
    Hoekom? Om iemand weg te jaag? Nee, om die persoon tot bekering te begelei. Die persoon word net soos jy, na Jesus Christus geneem om by Hom verlossing te ontvang.

  3. Die gevaar is egter dat jy te ver kan gaan wanneer jy iemand aanspreek.
    Wanneer iemand ware berou getoon het en deur Jesus Christus vergifnis ontvang, dan moet daar in jou hart ʼn draaipunt kom. Hou op om die verlede in te vryf.

  4. Vergewe, bemoedig en bewys liefde.
    Sê dat jy vergewe en dat jy met tyd daaroor sal kom. Bemoedig eerder, spoor aan en help om die persoon regop te hou. Wees selfverloënd lief. Vir jou en die ander persoon sal dit ʼn groot las verwyder.

  5. Wat jy doen, doen jy voor Jesus Christus se aangesig.
    Jesus Christus is jou Verlosser en Getuie. Moenie bang wees vir vergewe en liefde gee nie, want ons Here Jesus Christus is deur Sy Gees met jou en in jou.