Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 20 Januarie
William Pringle
Retha Van Der Schyff
Aimee Viljoen
Maandag, 21 Januarie
Marnitz Van Jaarsveld
Renier Barnard
Gerhardo Breed
Gerbrand Breed
Sumarie Maritz
Hannatjie Greyling (84)
Dinsdag, 22 Januarie
Gerhard Combrink
Woensdag, 23 Januarie
Gert Opperman
Charlotte Van Rooyen
Waldi Bührmann
Johan Jordaan
Sannie Malherbe
Donderdag, 24 Januarie
Corné Engelbrecht
Annabelle Coetsee
Vrydag, 25 Januarie
Ethan Roos
Rudi Wellmann
Johan Janse V Rensburg (72)
Mary Ann Billing (73)
Saterdag, 26 Januarie
Zanei Van Der Walt
Martin Luus
Rina Els (72)
Jaco Redgard

Moet dit nie vir die kinders wegsteek nie!

Download Audio:

Datum:
2018-02-04
Scripture:
Psalm 78:1-17 en 65-72
Speaker:
Sermon Notes:
1.   Watter gelowige sal tog vir kinders die heel belangrikste kennis van hulle lewe wegsteek?
  • Ons doen en gee die beste vir ons kinders.
  • Met Ps. 78 vra die Here: Steek ons nie dalk die heel belangrikste kennis vir hulle weg nie?
  • In Vers 4 praat die digter van "verswyg" van kennis. Dit beteken dat jy kennis "verberg" of "wegsteek."
  • Vers 4,5 - die kennis ter sprake: dit gaan oor die wonderdade van God en oor sy wil wat Hy openbaar.
  • Vanuit die Nuwe Testament leer ons van die wonderdade van God deur Sy Seun Jesus Christus en die Heilige Gees.
  • Watter gelowige ouer, grootouer en gemeente sal nou vir kinders hierdie belangrike kennis verberg? Doen ons dit nie dalk nie, juis as ons die kanse laat verbygaan nie?
  • Kinders, vra: Wat steek julle vir ons weg, en waar?
2.   Om hierdie kennis te kan oordra eis voortdurende selfondersoek.
  • Om self die wonderdade van God oor te dra, vereis nie net gewilligheid nie, maar juis dat ek self goed sal luister en dat ek self oortuig sal wees van dit wat ek hoor.
  • Mag ons as ouers, grootouers en gemeente se "vertel aan die volgende geslag", deur die Heilige Gees gelei word om goed te luister, self oortuig te wees en noukeurig die wonderdade oor te dra.
3.   Getroue oordra van hierdie kennis, dra heerlike vrugte.
  • Die volgende geslag sal leer: om op God te vertrou + om onder die indruk te bly van wat God gedoen het + om gehoorsaam aan God wees.
  • Mag ons die slagysters waarin ons getrap het, vir ons kinders en nageslag uitwys, sodat hulle nie onder druk sal swig nie en meer getrou as ons sal wees.