Back to Top

Hou op "preek" en vertel wat Hy gedoen het! 2018

Download Audio:

Datum:
2018-03-04
Scripture:
Psalm 78:1-8
Speaker:
Sermon Notes:
Ek het al 'n paar keer met moedelose ouers voor my gesit. Ouers wat nie weet watter kant toe nie. Thomas, ek preek en ek preek maar hulle luister net nie.

Die Here sĂȘ vanoggend vir ons: Hou op "preek" en probeer vir 'n slag om te vertel!

Waarom vertel?
Om iets te kan vertel moet ek dit regtig my eie maak. Vertel kom uit die hart! Vertel soos Asaf dit hier beskryf en van ons verwag, vra dat ons mooi dink, dit vra nederigheid. Dit laat iemand voor God en wat Hy gedoen het staan eerder as voor myself en wat ek doen. Dink 'n bietjie oor Jesus se bediening. Hy was 'n meester met vertel!


Waarvan/van Wie moet ek vertel?
Asaf maak dit duidelik in Ps. 78 vers 5-6.
In die 1933/53 vertaling lees vers 5: Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het-om dit aan hulle kinders bekend te maak . . .


Saam met die waarheid van sy wet (van sy reg en verkeerd) moet ons getuig van wie Hy is en wat hy gedoen het. Die getuig deel kom egter eerste! Ons moet vertel, getuig oor God en sy almag en ingrype en groot, groot genade soos Hy dit in Jesus aan ons kom bewys het. Daarop volg wat Hy van ons vra!