Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 16 September

Luan Pettit

Retha Vercueil-Venter

Herman Dorland

Maandag, 17 September

Henning Snyman

Jaco Theunissen

Kotie Van Der Loo (75)

Lida De Wet (76)

Dinsdag, 18 September

Gustav Hefer

Morné Viljoen Jnr

Woensdag, 19 September

Louis Kruger Jnr

Rowan Griffioen

Wouda Du Plessis

Louis Kruger

Mike Van Wyk

Donderdag, 20 September

Karli De Kock

Gert Grobler

Vrydag, 21 September

Johann Bührmann

Leopold Combrink

Rinet Van Der Walt

Cas Grobler

K D Düsselberg

Marinus Van Jaarsveld

Elise Viljoen

Sinisa Tucakovic

Jan Voogt (73)

Saterdag, 22 September

Cee-J Van Der Walt

Sarina Du Plessis

Delien Düsselberg

Hannemie Mulder

 

As die opstandingsboodskap tot my deurdring, sal ek sien én hoop.

Download Audio:

Datum:
2018-04-01
Scripture:
Markus 16:1-8
Speaker:
Sermon Notes:

 

Die opstandingsboodskap kan nie met ʼn knippie sout geneem word nie.

 

Jesus het sy volgelinge drie keer geleer dat Hy gekruisig sal word en na drie dae uit die dood uit sal opstaan. Niemand het dit ernstig opgeneem nie! So het die vroue wat Jesus se liggaam met reukolie wou gaan salf, getuig dat hulle nie verstaan het wat gebeur nie. Die opstandingsboodskap het nie by hulle deurgedring nie. Wat van ons? Is ons nie ook al te gewoond aan die boodskap van Jesus se kruisdood en opstanding nie? Neem ons nog ons geloof ernstig genoeg op?

 

Sien.

 

Met sonsopkoms by die graf, vra die vroue mekaar: “wie sal die klip voor die graf wegrol?” Net na die vraag, sien hulle dat die klip klaar weggerol is! Markus gebruik ʼn spesifieke tydsvorm wanneer hy sê die klip was “weggerol”. Hy stel dit duidelik dat die klip weggerol is, maar beklemtoon dat die klip weggerol bly! Die graf is oop en bly oop. Die klip was nie weggerol sodat Jesus uit die graf kon kom nie. Die klip was weggerol sodat hulle kon ingaan en sien dat Jesus uit die dood uit opgestaan het! Sien ons dat die klip weggerol is en weggerol bly? Gryp hierdie wonder van oorwinning ons ook aan? Vier ons regtig fees oor die klip wat weggerol is en weggerol bly?

 

Hoop.

 

Jesus Christus het met Sy oorwinning alles verander. Ons is mense vol hoop! Ons het hoop, want die dood is oorwin! Ons het hoop want die ellendes op aarde maak ons nie magteloos nie. Ons het hoop teen versoekings, want die mag van Satan is gebreek. Ons het hoop om te volhard, want die Heilige Gees woon in ons en daarom glo ons dat ons die oorwinning saam met Jesus ontvang.