Back to Top

Ek verlang na U, o Here, ja, verlang na U lieflike woning.

Download Audio:

Datum:
2018-04-01
Scripture:
Psalm 84
Speaker:
Sermon Notes:

 

  • Het jy ook dikwels ʼn verlange na mense of ʼn plek?
    • Iets hiervan laat ons verstaan wat die Here ons vandag wil leer oor verlange, ʼn spesiale verlange.
  • Vandag verkondig die Here deur die skrywer/digter van Psalm 84, die intense verlange na God.
    • Die digter het ‘n verkriklike verlange gehad om net weer in die tempel saam met ander gelowiges te kan wees, maar veral om daar by God te wees.
    • Ons word ook daarop gewys hoe heerlik en wonderlik is dit om tyd saam met ander gelowiges by God en saam met God te spandeer.
    • Buiten wat jy alleen met jou persoonlike Bybelleestyd ontvang, ontvang jy saam met jou medegelowiges die rykdom van God se Woord, genade en liefde in die erediens.
  • Kom ons bid dat die Heilige Gees in ons werk om deur die week te verlang na die woning van God, die gemeentelike byeenkoms, die erediens.
    • Hier in die erediens saam met mekaar, is God in besonder teenwoordig en werksaam in ons.
    • Hier kry jy opnuut weer nuwe krag.
  • En ja, ons verlang verskriklik daarna om by God in die hemel te wees. Ons sien uit daarna en kan nie wag om by Hom te wees nie.