Back to Top

Die derde gebod leer ons: Betuig openlik God se Naam ..........

Download Audio:

Datum:
2018-06-10
Scripture:
Eksodus 20:1-8; Lev. 24:10-16; Matt. 10:32-33 en HKS 36 en 37
Speaker:
Sermon Notes:
Die derde gebod leer ons: Betuig openlik God se Naam voor ongelowige en gelowige, tot God se eer.

Ons worstel dikwels met die gedagtes, woorde en dade. Wat hoor en sien die wêreld van God met ons woorde en dade?

Elkeen van die 10 gebooie wat die Here vir ons gegee het, dui op 'n verbod en 'n gebod. Dus iets wat verkeerd is en wat reg is.

Verbod: die misbruik van God se Naam.
  • Die beteken dat God deur die misbruik van Sy Naam van enige eer en waarde opgehef word.
  • Lastering.
  • Ligsinnige gebruik.
  • Humor - in grappies.
  • Valse beloftes in die Here se Naam.
Gebod: betuig eervol en dankbaar God se Naam.
  • Leer wanneer jy moet stilbly of God se Naam moet bely, wanneer Sy naam misbruik word.
  • Leer wanneer en hoe jy moet betuig om die enigste pad van verlossing van sondes deur Jesus Christus, oordra.
Here, ons Here, hoe wonderbaar is U Naam oor die hele aarde!