Back to Top

Vóór enige opbou-werk, eers afbreek ... van onsself!

Download Audio:

Datum:
2018-06-17
Scripture:
Nehemia 1
Speaker:
Sermon Notes:
Is jy tevrede met die vlak van jou geloofslewe? En met die stand van ons gemeentelike lewe? Of pla dit jou min ...?

1.   Opbou noodsaaklik?!
  • Dit het iemand verskriklik gepla - Nehemia ...
    • op hierdie stadium skinker in die koningspaleis.
    • Hy kry die slegte berig:
      Die muur van Jerusalem lê (steeds) om en die stadspoorte is verbrand" (vs. 3)
  • En die "mure" van die GKR? Het "opbou" van ons gemeente noodsaaklik geword ...?
2.   Eers afbreek van onsself!
  • Waar begin die bouwerk?
    • Nie eerstens (nog) nuwe planne en strukture nie
    • Maar eers "afbreek" - gebroke voor God!
  • In 'n aangrypende gebed doen hy presies dit:
    • Hy beroep hom op die Here se verbondstrou
    • Hy bely die oorsaak van die toestand, ook sy sonde!
    • Hy bid dat die Here hom voorspoedig sal maak
Hoe staan ek en jy vanaand voor hierdie uitdaging...?