Back to Top

God hét ʼn plan – al lyk alles planloos!

Download Audio:

Datum:
2018-07-08
Scripture:
Eksodus 1:1-2:10; 23-25
Speaker:
Sermon Notes:
Gee God vir ons om? Hoor Hy as ons, vanuit ons nood, tot Hom roep?

1.   Skynbare planloosheid?
  • Eksodus teken die volk in haglike omstandighede:
    • in die steengroewe van Egipte
    • met 'n swaard van moord wat oor hul seuntjies se koppe hang
  • Besef ons iets van die druk en verlatenheid onder sulke omstandighede?
2.   God het 'n plan!
  • Farao se planne misluk een na die ander!
  • Ironie volg op ironie:
    • Die vroedvroue se gehoorsaamheid aan God
    • Die klein Joodse dogtertjie, Miriam, wat sorg die seuntjie aan sy eie ma teruggegee word
    • Die farao se eie dogter, wat sy planne fnuik
  • Is dit alles bloot toevallig?
  • Nee, die troue God het 'n reddingsplan ...
Hy sien die nood van sy kinders en neem dit ter harte!