Back to Top

Ons is vrygemaak sodat ons ook kan rus

Download Audio:

Datum:
2018-07-22
Scripture:
Galasiërs 4:1 - 11; Kolossense 2:16 – 23
Speaker:
Sermon Notes:

 

  • Slaafse gehoorsaamheid aan wettiese reëls gee nie rus nie!
    Die Sabbat soos deur mense voorgeskryf, is niks meer nie as maar net "die skaduwee van wat kom, die werklikheid is Christus"! Hy het ons vrygemaak, waarom val mense dan terug na 'n wettiese godsdiens as dit oor die 4de gebod gaan?
  • Ons leef nie heel week sonder God, en skielik Sondag omdat ons in die kerkgebou is, is God hier teenwoordig nie! Hy is elke dag by sy kinders, en ons leef en werk elke dag in sy teenwoordigheid. Hy laat vir ons 'n hele nuwe soort lewe begin wat nie deur wettiese voorskrifte beheer word nie, maar deur sy Gees.
  • Soek die rus wat Hy gee
    Ons kom nie in die eredienste saam omdat dit 'n voorskrif is nie, maar omdat die Heilige Gees ons honger maak vir die Woord en om saam met God se ander kinders Hom te aanbid! Hoe laat jy die Gees van God jou lewe lank in jou werk?