Back to Top

Hoe seker is jy van jou geloof?

Download Audio:

Datum:
2018-10-14
Scripture:
2 Petrus 1:12-21
Speaker:
Sermon Notes:
Jou geloof is uiters kosbaar. Maár kan jy die volgende vraag antwoord: Hoe seker is jy van jou geloof?

Ware geloof, moet jy weet, is teen die wêreld siening.
  • Dikwels hoor mens: "ek glo nie meer nie want God het my in die steek gelaat".
  • Dikwels word die waarheidsvraag gevra: "hoe weet jy die Bybel is waar en hoe seker is jy van jou geloof?"
  • Baie mense sê: "ek is vry en godsdiens is uit!"
Rus jou sekerheid dus op vaste grond?
Ja, inderdaad staan ons vas in die waarheid van God se Woord.
  • Dit wat die apostels verkondig het, het nie deur vindingryke mensedenke ontstaan nie.
  • Die getuienis van die apostels is betroubaar.
    • Hulle was ooggetuies van Jesus se heerlikheid.
    • Hulle was oorgetuies van God se stem wat Jesus as Sy Seun uitgewys het.
  • Dit wat die apostels getuig staan op die hoogste gesag want dit kom van God die Vader, die Allerhoogste Majesteit.
  • Die apostels se getuienis is nie 'n gewilde nuwe denkstroom wat sommer maar net weer verdwyn nie.
    • Die Heilige Gees het die skrywers meegevoer om die boek van die Bybel te skryf.
    • Dieselfde Heilige Gees werk in my om God se Woord te verstaan en gee aan my sekerheid!
  • Die getuienis van die apostels stem ooreen met dit wat van die begin af deur God geopenbaar is.
  • Die getuienis vanuit die hemel staan vas: Ons Verlosser, Jesus Christus is deur God as wêreldheerser en regter aangestel.
Laat hierdie vaste sekerheid vir ons 'n lig in die donker wêreld van twyfel wees.