Back to Top

God se Woord is vol blare van hoop

Download Audio:

Datum:
2018-10-28
Scripture:
Genesis 8:1 - 22
Speaker:
Sermon Notes:

Noag en sy gesin word gered, maar vir amper ‘n jaar sit hulle in uiters moeilike omstandighede.  Iets wat ons onsself beswaarlik kan indink.

Dan is daar verdere toetse – ‘n kraai en duif word uitgestuur.

Uiteindelik ‘n blaar van hoop.  Iets om aan vas te hou.

Dan leer ons die belangrikheid van hoop ken – hoop wat geglo en aan vasgehou kan word.

Dit is die hoop waarvan die bladsye van die Bybel onder andere vol is.

Twee sake wat ons moet vashou: ons kan van hoop beroof word, maar kan ook ‘n dief van ander se hoop word!

As ambassadeurs van God en dissipels van Jesus, moet ek en jy deur alles draers van dié hoop bly.