Back to Top

Sing solank, sonder vrees vir ellende wat nog kom!

Download Audio:

Datum:
2018-11-04
Scripture:
Eksodus 14:27 – 15:3; Openbaring. 7:1-3; 15:1-8
Speaker:
Sermon Notes:
  • Verlostes kan nou al God loof!
    Hierdie visioen word "prolepties" verklaar: Nog voordat God se oordele oor die aarde losbars, kan almal wat in ware geloof aan Hom behoort, al begin sing, want ons weet dat ons oor die mag van die bose gaan oorwin!
  • Hy bring selfs die stormsee tot bedaring
    Sal jy in een skildery God se oordeel èn sy genade, sy trou èn sy heiligheid kan uitbeeld, troos èn oordeel, geregtigheid èn barmhartigheid, heiligheid èn liefde saam? In hierdie toneel van die singende skare by die see van glas sien ons: "God is barmhartig, maar ook regverdig" (HK. vr. 11).
  • Ons juig oor ons Here se oorwinning
    Die lied van Moses by die Rooi See (lees ook Psalm 77:4-21) is ook die lied van die Lam! Hy het ons met sy magtige verlossingsdaad gered. Oor Hom sing ons nou reeds, al is daar baie ellende!