Back to Top

God roep! Gaan jy die Evangelie verwerp of gelowig aanvaar?

Download Audio:
Additional file:

Datum:
2018-11-18
Scripture:
Handelinge 13:46,48b en DL 1; 3/4
Speaker:
Sermon Notes:
"Baie is geroep, maar min is uitverkies", sê Jesus. Eintlik 'n skrikwekkende gedagte, nie waar nie?!
Die skeidingspunt kom in by wat mense met die Evangelie maak ...


1.   Mense verwerp die Evangelie...
  • Paulus preek die Evangelie in sy volle reikwydte
    • vergewing vir elkeen wat glo (vs.38-39)
    • en oordeel oor ongeloof (vs.40-41)
  • En ... mense verwerp dit in ongeloof ... en daarmee beslis hulle dat hulle die ewige lewe nie werd is nie (vs.46).
  • Hulle verwerping is hul eie skuld! (DL 1:5,15; 3/4:9)
2.   Mense glo die Evangelie!
  • Die tweede reaksie: mense neem die Evangelie juigend aan!
  • Dit is dié wat vir die ewige lewe bestem was... (vs.48b) - God se uitverkiesende genade (DL 1:6)
Wat maak ek en jy met die Evangelie?