Back to Top

Aan Sy liefde is daar geen einde nie!

Download Audio:

Datum:
2018-11-25
Scripture:
Psalm 118
Speaker:
Sermon Notes:

Ek sal lewe en van die dade van die Here getuig: Aan Sy liefde is daar geen einde nie!

Israel
  • Die Here laat die digter lewe om te getuig van die Here se genade.
  • Met hierdie danklied stap die feesgangers die tempel in en roem hulle Hom as God, die God wat lewe skenk.
Jesus Christus
  • God die Vader het Sy Seun Jesus Christus gestuur om deur die mense soos ? weggegooide steen behandel te word.
  • Deur Sy kruisdood en opstanding gee Hy aan ons lewe!
  • Hy is ons die Hoeksteen en Sluitsteen.
Die Heilige Gees laat ons vashou aan Jesus Christus.
  • Deur Jesus ontvang ons die ewige lewe en bely ons dat nie eers die dood ons van God kan skei nie.
  • Ons vier elke dag die fees van die lewe in Christus.
  • Ons vier die nagmaalsfees van verlossing!
  • Ek is veilig in die Here.
  • Aan Sy liefde is daar geen einde nie.
  • Al word ek deur mense verwerp, al word my lewe bedreig, op die Here vertrou ek.
  • In Sy Naam oorwin ek.
EK LEWE SAL VAN DIE HERE SE DADE VERTEL EN GETUIG!