Back to Top

Jou grootste beproewing word jou grootste roeping! VERTEL!

Download Audio:

Datum:
2019-01-06
Scripture:
Lukas 8:26-39
Speaker:
Sermon Notes:
Vertel jy?
  • Dinge gebeur met jou. Die Here gee uitkoms!
  • Bly jy stil hieroor of vertel jy?
Wat moet jy vertel?
  • Legio, 'n man wat besete was van bose geeste, het Jesus tegemoet gekom. Hy konfronteer Jesus. Ons Here Jesus verdryf die bose geeste en genees die man. Hy sit by Jesus se voete, by sy volle verstand. Hy moet gaan vertel wat God alles vir hom gedoen het!
  • Wat het met jou gebeur? Dit was of is baie seer en moeilik. Tog gee die Here genade en gee jou krag om deur die beproewing of versoeking te kom. Jy kry genesing, vergifnis en vrede, want Jesus Christus is jou enigste Verlosser.
  • Vertel wat God alles vir jou gedoen het! Skaam hieroor? Dalk ja, maar mag nie stil bly nie. Jy spog nie met jouself en wat jy reggekry het nie. Jy rapporteer, getuig van alles wat God vir jou gedoen het.
  • God lei en red jou van jou grootste beproewing en nou moet jy weet, dít word jou grootste roeping om juis hiervan te vertel.
Aan wie moet jy vertel?
  • Begin deur aan jou huismense, jou gesin en familie en vriende te vertel. Maar doen nog meer, laat jou deur die Heilige Gees lei om aan wie ook al op jou pad kom, te vertel.
  • Vertel wat God alles vir jou gedoen het en wat Hy ook vir hom of haar kan doen.