Back to Top

Jubel van sekerheid elke dag – vanuit God se groot dag!

Download Audio:
Additional file:

Datum:
2019-01-13
Scripture:
Romeine 5:1-11
Speaker:
Sermon Notes:
Die nuwe jaar lê oop en wyd voor ons ... én donker-onseker.
Die beste wat ons daaraan kan doen, is om te leef met 'n "as"... Tog kan (en moet) ons elke dag met hoop leef!


1.   Jubelende sekerheid elke dag
  • Drie maal lees ons: ons verheug ons. Beter vertaal: ons jubel van sekerheid:
    • oor die hoop op die toekoms (vs.2b)
    • ook in die swaarkry van die hede wat egte hoop bewerk (vs.3-4)
  • En die hoop beskaam nie... (vs.5a)
2.   - vanuit God se groot dag!
  • Ons hoop staan vas, want God het sy liefde in ons harte uitgestort ... (vs.5b)
    • 'n Liefde vir ons wat nie sal verander nie!
  • Dit is God se groot dag wat reeds aangebreek het ...
    • vir gelowiges 'n dag van vryspraak en vrede - in Christus (vs.1, 2a)
Ons jubelende sekerheid, elke dag, lê in God Self (vs. 11).