Back to Top

Hou aan vashou aan Jesus Christus!

Download Audio:

Datum:
2019-02-24
Scripture:
Openbaring 2:18-29
Speaker:
Sermon Notes:
As Christene het ons sterk beginsels wat ons uit die Bybel leer en glo, maar wanneer ons dit in die openbaar moet uitleef, word dit baie moeiliker, nie waar nie?

Jesus Christus skryf daarom hierdie brief aan die gemeente van Tiatira en elke Christelike gemeente, ook vir ons.

Wat was die krisis in Tiatira?
  • In Tiatira was daar baie vakbonde. As jy enige besigheid wil doen, moes jy aan die vakbond behoort.
  • Die krisis vir die Christene was dat elke vakbond sy eie afgod gehad het en dit het saam moet owerspel gepaard gegaan.
  • Die ding is, as jy deelneem is dit 'n kompromis met Satan!
  • Jesus sê: geen kompromis met Satan nie! "Hou net vas wat julle het, totdat Ek kom."
Watter kompromis tref ek en jy in ons lewe?
  • Wat doen ek en jy waar ons die goed en kwaad saam doen en dit probeer goedpraat?
  • Naderhand glo jy jouself dat dit nie so erg is nie.
  • Tog, dit is 'n kompromis met Satan! Goed en kwaad kan nie meng nie.
Hoor wat sê Jesus Christus vir jou: "hou net vas wat julle het, totdat Ek kom".
Dus: "hou aan vashou aan Jesus Christus."