Back to Top

Bly getrou ... al beteken dit regtig jou dood!

Download Audio:

Datum:
2019-03-03
Sermon Notes:
Het jy regtig al in 'n situasie gekom dat jou lewe bedreig is, omdat jy Christen is en so leef ...? Waarskynlik nie!
En as dit sou gebeur...?
Bly getrou ... al beteken dit regtig jou dood!


1.   Bly getrou tot die dood!
  • Die Christene in Smirna het geweet wat dit beteken:
    • omring deur materiële rykdom en die Dea Roma
    • maar self arm en verdruk deur die "sinagoge van Satan!"
  • Jesus sê: Moenie bang wees nie!
  • Wat doen jy onder sulke omstandighede, normaalweg ...?
2.  Die belofte van lewe!
  • Wie getrou bly, ontvang die belofte van die Here:
    • Ek sal julle die lewe as kroon gee." (vs.10b)
    • Bevry van die tweede dood" (vs.11b)
  • Hiervan is Jesus Self die waarborg:
    Die Eerste en die Laaste, die Een wat dood was en weer lewend geword het (vs.8b)
  • Luister wat die Gees vir ons sê!
Getrou aan die Here - só oorwin die lewe die dood, nou al.