Back to Top

Lou?

Download Audio:

Datum:
2019-03-10
Scripture:
Openbaring 3:14-22
Speaker:
Sermon Notes:

Lou?

Maak vir Jesus oop sodat Hy die vuur van afhanklikheid in jou aan die brand kan steek!

Een van die gevaarlikste dinge wat met jou kan gebeur is as jy dink jy’s gesond, maar jy’s eintlik baie siek. Wat gaan gebeur? Jy gaan nie dokter toe gaan nie en teen die tyd dat jy begin agter kom is dit dalk te laat. Dis wat geestelik met hierdie gemeente in Laodisea aan die gang was. Hulle dink hulle is “hot-stuff”. Jesus kom sê vir hulle, julle maak my naar omdat julle so lou is! Kom terug na my toe voor ek julle uitspoeg! Het ons nodig om saam te luister GKR?

Wie is hierdie Koning van die kerk wat met hulle praat? v 14

          Die Amen

         geloofwaardige, ware getuie

         Skepper

Wat is fout met hierdie Kerk? v 15-17

          Lou

         Dink hulle is ryk, het niks en niemand nodig nie

         Maar, hulle is ellendig, arm, blind, kaal

         Ons?

Wat is die Koning se oplossing? v 18

          Kom koop by my goud,

         wit klere,

         oogsalf!

Wat is die Koning se uitnodiging? v19-20

          Bekeer julle

         Hoor my klop en maak oop die deur

Wat is die Koning se belofte? v 20-21

          Feesmaal hier en nou

         Plek langs die Vader op die troon eendag