Back to Top

Jesus roep “siekes” om genesing te bring!

Download Audio:

Datum:
2019-03-17
Scripture:
Matteus 9:1-13
Speaker:
Sermon Notes:

Ons het genoeg rede om die "siek" samelewing te veroordeel en onsself in ons "heilige hoekies" eenkant te hou. Of het ons dalk nie...?

1.   Jesus roep "siekes"...

  • Jesus roep Matteus..., 'n tollenaar - eintlik 'n "sieke"!
  • Sy naam beteken: "geskenk van God" - geskik vir sy Koninkryk en diens.
  • Matteus laat alles net so lê... en volg Jesus!
  • Het jy al gehoor dat Hy jou roep - op jou naam?

2.   ... om genesing te bring!

  • Matteus vier 'n barmhartigheidsfees saam met "tollenaars en sondaars".
    • En Jesus is ook daar!
    • Tot ergenis van die sogenaamde "gesondes".
  • Wat hulle egter moet leer: hulle is dié wat die dokter nodig het!
  • Die Here gebruik "siekes" en maak hulle "geskenke van God" om siekes by die Geneesheer uit te bring!

Besef ek en jy dat ons Hom nodig het?
Ons barmhartigheid sal sê...