Back to Top

Onmagtiges verslaan reuse – in die Here se Naam!

Download Audio:

Datum:
2019-03-24
Scripture:
1 Samuel 17:31-58
Speaker:
Sermon Notes:

Sien jy kans vir die "reuse"-gestaltes wat voor jou opdoem?

1.   Onmagtiges en reuse...

  • Voor die gevegslinies van Israel staan die reus - verpersoonliking van vertroue op mense-krag!
  • Teenoor hom staan die jong (voortvarende?) skaapwagtertjie...
  • En tussen hulle die bang (en wantrouige) Saul.
  • Hoe staan ek en jy voor die reus?

2.   Oorwinning in die Here se Naam!

  • Dawid stap die reus tegemoet
    • met net 'n slingervel in die hand ...
    • en met vertroue op die Here in sy hart!
      ...maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel...
  • Gedryf deur 'n heilige ontsteltenis!

Vertel gerus vir God hoe groot die "reus" voor jou is...
Maar vertel óók vir die "reus" hoe groot jou God is!