Back to Top

Jesus se laaste bemoeienis met sy kerk ...?!

Download Audio:

Datum:
2019-04-07
Scripture:
Lukas 19:28-48
Speaker:
Sermon Notes:
Jesus is op die laaste skof van sy lydingspad Jerusalem binne. En dan sy aangrypende reaksie - hy bars hartverskeurend in trane uit!

1.   Verval van die tempeldiens.
  • Hy huil omdat die Jode Hom aanhoudend as Messias verwerp: As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor (vs.42)
  • Hierdie verwerping word die duidelikste gesien in die verval van die tempeldiens...
    • Hulle maak daarvan 'n "rowersnes"!
  • Het jy al mooi gedink waarom jy met "godsdiens" besig is?
2.   Jesus herstel die tempel!
  • Jesus reinig die tempel as laaste, dringende oproep tot bekering en geloof!
  • Hy herstel die tempel weer tot "huis van gebed":
    • deur sy bloed te stort
    • en 'n nuwe tempel op te rig waaruit sy vredesboodskap sal weerklink
  • Die besef van dié genade moet van ons 'n juigende en getuigende gemeente maak!