Back to Top

Wie die Opgestane ontmoet, word ʼn getuie van sy heerlikheid!

Download Audio:

Datum:
2019-04-21
Scripture:
Johannes 20:1-18
Speaker:
Sermon Notes:
Leef ons asof Jesus nog dood is? Hoe raak die opstandingswonder van Jesus ons lewens vandag?

1.   'n Ontmoeting met die Opgestane ...
  • Maria huil oor Jesus se dooie liggaam ...
    • ... en sukkel om te verstaan dat Jesus opgestaan het.
  • Dis eers as Jesus haar naam roep, dat sy omdraai en besef ...
  • Dis 'n bekering uit die skynwêreld van die dood - na die lewe!
  • Hoeveel keer het Hy al jou op jou naam geroep?
2.   ... word 'n getuie van sy heerlikheid!
  • As Maria Hom liggaamlik op aarde wil hou, wikkel Hy Hom los!
  • Sy opstandingsboodskap mag nie stol by 'n paar mense nie ...
    • Dis 'n boodskap van sy heer-like wêreldwye koninkryk!
  • Sy word gemaak tot 'n getuie:
    Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader toe wat ook julle Vader is ... (vs.17b)