Back to Top

Gebed en God se verhouding met sy kerk.

Download Audio:

Datum:
2019-05-12
Scripture:
Jakobus 4:1 – 10 en 1 Timoteus 2:1 - 10
Speaker:
Sermon Notes:
Niemand in 'n huwelik sal bereid wees om hulle huweliksmaat met iemand anders te deel nie. Hoe moet dit voel as jy moet uitvind dat jou lewensmaat in 'n ernstige verhouding met iemand anders leef en dat jy slegs die 'afskeep-deel' van die verhouding kry? Dit is wat die Bybel 'hoerery' noem en dit is presies wat Jakobus in hierdie skrifgedeelte in gedagte het.

Hier handel dit egter oor God se verhouding met sy kerk. Hoe lyk 'n verhouding met God wat as 'geestelike hoerery' beskryf kan word? So 'n skeefgetrekte verhouding het sekere kenmerke. Die eerste is 'n gelowige wat ook 'n 'vriend' van die wêreld wil wees. Die tweede is iemand wie se lewe 'biddeloos' is. Die derde kenmerk van 'n lewe van 'geestelike 'hoerery', is 'n lewe waarin - as daar wel gebid word, slegs 'selfgerigte' gebede voorkom.

Hierdie skrifgedeelte roep ons as gelowiges op tot ernstige nadink oor ons verhouding met God. Jakobus se oproep is 'n oproep tot persoonlike geloof en gebedsverdieping. Ons eie persoonlike verhouding met God moet weer 'n lewensprioriteit word. Dit kan nie maar net 'n 'afskeep-verhouding' wees nie.

In die lig van Paulus se skrywe aan Timoteus is daar egter ook 'n tweede belangrike gebedsfokus wat 'n prioriteit moet wees in die lewe van God se bruidskerk. God roep ons tot 'n lewe in diens van die waarheid. 'n Lewe in oorgawe aan God is tegelykertyd ook 'n lewe in diensbaarheid aan die waarheid. Beslis 'n oproep wat God se bruidskerk in die na-verkiesingstyd ter harte moet neem.