Back to Top

Sit jou geld waar jou geloof is!

Download Audio:

Datum:
2019-05-12
Scripture:
Jeremia 32:1-25
Speaker:
Sermon Notes:

Verkiesing 2019 is verby ... Miskien laat die uitslag daarvan jou net meer onseker en wanhopig vir die toekoms? Miskien meer apaties ...?
Hoe gaan ons nou hiervandaan vorentoe ...?


1.   Grond koop...?

  • Jeremia kry opdrag van die Here om grond te koop.
    • ... in 'n baie onsekere (en gevaarlike!) tyd in die volk se geskiedenis!
  • 'n Absoluut dwase eiendomstransaksie!
  • Jeremia koop egter - welbewus, met al die "papierwerk".

2.   Koop grond!

  • Jeremia se koop-transaksie is 'n simbool van hoop!
  • Hy handel op grond van sy vertroue op God ...
    ... wat die onmoontlike doen!
  • Ons sal slegs hoop kan hê as ons by "Akeldama" (Bloedgrond) te staan kom...

Jeremia het sy geld gesit waar sy geloof is!
En ek en jy ...?