Back to Top

Bid jy met 'n egbrekers hart? Hy wil jou terug hê!

Download Audio:

Datum:
2019-05-26
Scripture:
Jakobus 4:1-10
Speaker:
Sermon Notes:

Ons kan verkeerd bid! Nee dit gaan nie in die eerste plek oor 'n verkeerde vorm of volgorde of plek of liggaamshouding nie. Dit gaan oor wat in ons hart aan die gang is. Hoe sou jy voel as jou ou/meisie, /man/vrou se hart eintlik by iemand anders is, terwyl hy of sy jou soen? Die vraag is: Doen ek en jy dit met die Here? 

Hoe weet ek as ek hiermee besig is? (v 1-5)

  • Voortdurende, onoplosbare konflik in jou verhoudings? (v1)
  • Werk jy hard om te kry waarna jy soek, maar bly leeg binnekant? (v2)
  • Bid jy baie min of glad nie? (v2)
  • Bid jy met die doel om daai ding(e) te kry waarvoor jy leef? (v3-5) 

Hoe maak ek met my egbrekers hart?

  • Sien, glo, gryp vas aan sy GENADE vir jou (v6)
  • Onderwerp jou aan God (v7)
  • Staan die Duiwel tee (v7)
  • Nader tot God (v8)
  • Reinig jou/julle hande en suiwer jou/julle hart (v8)
  • Weeklaag en treur en huil (v9)
  • Verneder jou/julle voor die Here (v10) 

 

Wat kan ek dan verwag? 

  • God sal tot ons nader (v8)
  • Hy sal ons verhoog (v10)