Back to Top

Hoe moet ek bid? Die riglyne vir ons gebed

Download Audio:

Datum:
2019-06-02
Scripture:
Filippense 4:2-9 en 1 Timoteus 2:1-7
Speaker:
Sermon Notes:

Vandag se boodskap antwoord die vraag: Hoe moet ek bid?

Die riglyn vir ons gebede is:

lofprysing, danksegging, smeking en voorbidding.

 Lofprysing: God se grootheid word erken:

  • Die Heilige Gees vul en lei ons om te bid.
  • Ons verklaar dat God groot en almagtig is.
  • ‘Here God, U is soewerein, skepper van hemel en aarde’.
  • Beskryf in woorde wat jy/ons van God sien in Sy Woord, die natuur, die geskiedenis en in jou/ons lewe(ns).

Danksegging: die raamwerk van ons gebed.

  • Soos ’n skildery ’n raamwerk het so is danksegging die raamwerk van al ons gebede.
  • Jy/ons sê spesifiek in gebed vir God dankie vir wat Hy doen, hoe Hy ons verlos, wat ons reeds ontvang en steeds gaan ontvang, groot en klein.
  • Ons dank God dat Sy Seun Jesus Christus die losprys vir ons sondes betaal het en dat Hy vir ons vrede gee!

Smeking:

  • Ons versoek, smeek en pleit by God die dinge wat ons dink ons dringend nodig het.
  • Smeek om vergifnis, bevryding, gesondheid, uitkoms...

Voorbidding

  • “intercession”, om voorspraak te maak.
  • Opdra aan God.