Back to Top

Die almagtige God seën sy getroue verbondskinders!

Download Audio:

Datum:
2019-06-16
Scripture:
Daniël 1:1-21
Speaker:
Sermon Notes:
Suid Afrika vier vandag Jeugdag. Ons wil egter, vanuit die Skrif, vorentoe kyk. Besef ons watter aanslag teen ons jeug en elke verbondskind (ook grootmense) vandag woed ...?

1.   Die aanslag teen verbondskinders
  • Daniël en nog drie jong mense, ballinge in Babel, word uitgesoek om in die koning se paleis diens te doen.
  • Daarvoor moet hulle spesiale "opvoeding" kry t.o.v.
    • Taal en skrif
    • Kos
    • Naamsverandering
  • Dis 'n subtiele poging om hulle te verheidens!
    - Die ewige stryd tussen Babel en Jerusalem!
  • 'n Geweldige aanslag wat ons goed ken ...
2.   God seën getroues!
  • Daniël en sy vriende se optrede is merkwaardig ...
    • Hulle bly getrou aan die Here
  • En die uitkoms nog wonderliker!
  • Net omdat God dit alles gee (vs. 17)
Hoe sal ons en ons kinders in SA staande bly ...?